Talle beseer na tornado Vaal Marina tref
VAAL MARINA. – Minstens 50 mense is beseer na ‘n tornado gistermiddag 11 Desember omstreeks 17:30 verwoesting by Vaal Marina gesaai het. Paramedici van ER24 het net na 18:00 by die toneel aangekom. Die beseerdes is behandel en 25 mense is hospitaal toe geneem vir verdere mediese sorg. Die tornado het groot skade aangerig en …

Paramedici van ER24 het net na 18:00 by die toneel aangekom. Die beseerdes is behandel en 25 mense is hospitaal toe geneem vir verdere mediese sorg.
Die tornado het groot skade aangerig en talle dakloos gelaat.
Volgens Mmatshepo Chiloane, woordvoerder vir Midvaal Plaaslike Munisipaliteit, is daar tydelike skuiling vir diegene wie dakloos gelaat is en is die munisipaliteit reeds besig om die omvang van die skade te bereken en die koste te beraam vir herbou.
Twee hulpsentrums is ook in Mamello en by die Vaal Marina Stadsaal opgerig.
Midvaal burgemeester, raadslid Bongani Baloyi sal vandag die gebied besoek.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



