Dansers gereed vir NW uitdunne
Dansers gereed vir NW uitdunne
Hierdie studente van Aldante Dance Studio sal op 10 Julie in Potchefstroom aan die Noordwes uitdunne vir die Suid-Afrikaanse kampioenskappe vir die Uitvoerende Kunste deelneem. Die SA-kampioenskappe word in Oktober in Rustenburg gehou. Die studente is almal deel van ‘n groep wat aan vier dansstyle sal deelneem. Die dansstyle sluit in Musical Character, Jazz, Hip Hop en Bhangra. Van hulle doen ook solo danse sowel as duette in die Bhangra, Musical Character, Hip Hop, Lyrical, Jazz, Freestyle en Jive style. Hulle word deur Belinda van Tonder afgerig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



