Vereeniging wen rolbal-borgdag

Vanjaar het 168 spelers van sover as Rustenburg, Reitz en Welkom om die prysgeld meegeding

Vereeniging se rolbalspelers het die afgelope week met die louere weggestap na die Parys-rolbalklub se jaarlikse borgdag wat op 21 Maart op Parys se tuisbaan gehou is. Poena Olivier en sy span het egter gesorg dat die tuisspan se naam hoog gehou word met ‘n derde plek.

Vanjaar het 168 spelers van sover as Rustenburg, Reitz en Welkom om die prysgeld meegeding wat deur Johan de Lange en sy span van Riverside, Vereeniging huis toe geneem is.

Frans van Niekerk van Parys met ‘n perfekte aflewering. Foto: Machel de Ponte

Parys-rolbalklub is weer lof toegeswaai vir hul gasvryheid en lekker kos.

Die klub sê dankie aan almal wat van die dag n sukses gemaak het. Volgende jaar maak ons weer so sê Johann van der Merwe, die klub se waarnemende president.

Related Articles

 
Back to top button