Local newsNews

Geïnspireer met alles en meer oor kuns

Onthou jy hoef nie ‘n VLU-lid te wees om die byeenkomste by te woon nie.

Komposisie, perspektief, verftegnieke en kleur, was van die interessante besprekingspunte waaroor gesels is tydens die VLU-byeenkoms op 7 Mei.

Talentvolle skilder en Parysenaar, Marietjie le Roux, het van die basiese
kunsbeginsels met die dames gedeel.

Haar waardevolle raad was om met ‘n beperkte palet te werk en ‘n groter kwas te gebruik as jy nodig het om ‘losser’ te werk.

Sy het ook daarop gewys hoe belangrik dit is om kwaste goed skoon te maak as jy van kleur verander. Dit was ‘n leersame oggend vol inspirasie vir aspirant
kunstenaars.

Die VLU vroue kom weer op 2 Julie bymekaar. Gaste is
welkom.

As jy graag die byeenkoms wil bywoon, kan jy Annatjie Dreyer skakel
by 082 464 0204, of Bernadet van der Ende by 082 474 0304 vir meer inligting.

Onthou jy hoef nie ‘n VLU-lid te wees om die byeenkomste by te
woon nie.

VLU kitswenk:
Maak jou eie onkrruiddoder

Bestanddele:
1 koppie asyn
2 teelepels
Engelse sout
1 teelepel skottelgoedseep

Meng goed en spuit op onkruid. Die asyn maak dood, Engelse sout sorg dat dit tot by die wortels ingeneem word, en die seep klou vas.

Wees egter versigtig – die mengsel maak alle

Related Articles

Back to top button