Vernielsug by brug – ‘n skande en skade

Graffiti is weer deur vandale hier by dié geskiedkundige brug geverf.

Die spreekwoord lui – net gekke en dwase skryf op mure en glase, maar dit wil voorkom asof vandale ook maar net nie hul hande van brue kan afhou nie.

Vanoggend moes daar weer graffiti toegeverf word op die Mur de Souveniers-raam by Parys se geskiedkundige hangbrug oor die Vaalrivier wat jaarliks honderde toeriste na die dorp lok.

Vrywilligers hou uit eie sak week na week die omgewing hier skoon en netjies en kos die vernielsug elke keer ander geld.

‘n Motorfietsmaniak het selfs gekies om sy merke op die plaveisel by die brug te laat wat ook uit vrywilligers se sakke betaal is toe daar opgeknap en mooi gemaak is by die brug.

Skande en skade!

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button