Local newsNews

Duikers soek steeds na dogtertjies

Polisieduikers het reeds gister begin soek na die kinders.

Terwyl leerders oor die land vanoggend die skooljaar begin het, het ‘n tragedie hom by Bothaville afgespeel waar vanoggend nog gesoek is na twee vermiste dogtertjies van onderskeidelik 8 en 9 jaar oud wat Dinsdagmiddag deur ‘n sterk stroom meegesleur is en vermoedelik in die Valsrivier verdrink het.

Polisiewoordvoerder kapt. Loraine Earle het bevestig dat die dogtertjies saam met  ‘n 11-jarige meisie by die rivier was toe hulle deur die stroom meegesleur is.  Die 11-jarige  kon aan ‘n boomstam vashou, maar het die ander twee dogtertjies onder die water verdwyn.

‘n Soektog na die meisies is reeds gister begin maar moes teen donker eers gestop word. Die soektog is vanoggend hervat, het kaptein Earle gesê.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button