Local newsNews

Suid-Afrikaners beter voorbereid op dood as oorlewing van ernstige siekte

Muskuloskeletale toestande – insluitend rug-, gewrigs- en mobiliteitsverwante probleme is die grootste oorsaak van inkomstebeskermingseise

87% van Momentum Lewensversekering se kliënte wat in 2025 aan kanker of kardiovaskulêre toestande oorlede is, het nie ernstige-siekte-dekking gehad nie. Eise vir ernstige siektes het in 2025 met meer as 15% op ’n jaargrondslag toegeneem en het vir die eerste keer die R1 miljard-kerf oorskry.

Kanker bly met 43% die grootste oorsaak van ernstige-siekte-eise gevolg deur kardiovaskulêre en senuweestelseltoestande.

Volgens Momentum Lewensversekering se data vir eise wat in 2025 uitbetaal is, neem eise vir ernstige siektes, ongeskiktheid en inkomstebeskerming onder werkende Suid-Afrikaners toe, sê Joretha Bothma, Hoof van Produkontwikkeling, Onderskrywing en Eise by Momentum Lewensversekering.

Ongeskiktheid- en inkomstebeskerming bly noodsaaklike veiligheidsnette

Momentum Lewensversekering het gedurende 2025 in totaal R602 miljoen aan enkelbedrag-ongeskiktheidseise en ongeveer R310 miljoen aan inkomstebeskermingseise uitbetaal.

Muskuloskeletale toestande – insluitend rug-, gewrigs- en mobiliteitsverwante probleme – was steeds die grootste oorsaak van inkomstebeskermingseise en het ongeveer ’n derde van alle eise uitgemaak.

“Baie van hierdie toestande beëindig nie noodwendig iemand se loopbaan permanent nie, maar dit kan mense vir lang tydperke verhinder om ’n inkomste te verdien,” sê Nafeesa Gaida, Hoof van Eise by Momentum Lewensversekering. “Inkomstebeskerming speel ’n kritieke rol in die handhawing van finansiële stabiliteit tydens herstel.”

Die eiservaring beklemtoon die onvoorspelbaarheid van ongeskiktheid en gestremdheid by alle ouderdomsgroep, sê Gaida.

Jonger mense bly blootgestel aan skielike risiko’s

Onder eisers jonger as 30 jaar het 62% van sterfte-eise uit onnatuurlike oorsake voortgespruit, hoofsaaklik motorvoertuigongelukke – ’n koers wat vyf keer hoër is as dié van kliënte van 30 jaar en ouer.

“Baie jong mense stel lewensdekking uit omdat hulle glo ernstige gebeurtenisse gebeur eers later in die lewe,” sê Bothma. “Maar ’n beduidende deel van eise spruit voort uit skielike, onverwagte gebeurtenisse wat nie met gesondheid verband hou nie.”

Langer lewensverwagting en die behoefte aan holistiese finansiële beplanning

Namate mediese vooruitgang oorlewingsyfers verbeter, word langer lewensverwagting ’n toenemende finansiële werklikheid vir Suid-Afrikaners.

Eise wat verband hou met langtermynversorging en voortdurende ondersteuning het in 2025 beduidend toegeneem, veral onder kliënte wat met kanker, kognitiewe gestremdhede en permanente ongeskiktheid leef.

“Ons sien meer kliënte wat vir baie jare met ernstige toestande leef,” sê Bothma. “Hoewel medisyne uitkomste verbeter, verleng dit ook die tydperk waarin finansiële ondersteuning benodig word.”

Daarom is omvattende finansiële beplanning nodig wat nie net lewensdekking insluit nie, maar ook voordele vir ernstige siektes, ongeskiktheid en inkomstebeskerming, sê Bothma.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button