Nog geen teken van vermiste bejaarde man
Kruger is die laaste keer gesien toe hy na Klerksdorp vertrek het.
Die polisie in Wolmaransstad vra die publiek se hulp in die soektog na die vermiste 60-jarige Lucas Johannes Kruger. Kruger is sedert 30 April soek nadat sy lewensmaat hom die laaste keer gesien het toe hy na Klerksdrop vertrek het.
‘n Uitgebreide soektog in Wolmaransstad en omliggende gebiede het tot nou toe nog niks opgelewer nie.
Kruger het ‘n swart langbroek, geruite hemp en swart baadjie gedra. Hy is lig van gelaat, lank en skraal, met grys hare en ‘n grys snor.

Enigeen wat weet waar Kruger hom bevind, is gevra om sersant Phuthulogang Maine, by 078 395 5022 te skakel, of die Crime Stop nommer by 08600 10111. Inligting kan ook op die MySAPS-toepassing deurgegee word.



