Local Election News

DA-koukusleier sterf in skietvoorval

Dit is nie bekend wat die motief vir die skietvoorval was nie, het die DA vanoggend gesê.

Roy Jankielsohn, Vrystaatse leier van die DA, het vanoggend sy skok en hartseer uitgespreek na die dood van die party se koukusleier in Metsimaholo. Michael Thulani Mbana het gisteraand in ‘n skietvoorval gesterf.

Volgens Jankielsohn het Thulani in 2017 by die DA aangesluit en was toegewyd in sy gemeenskapsdiens en vir die uitbou van die party se strukture op voetsoolvlak, het Jankielsohn gesê.

As koukusleier, tydens verkiesingsveldtogte en tussenverkiesings, asook in sy werk as raadslid en lid van die burgemeesterskomitee (LBK) vir Ruimtelike Beplanning en Menslike Nedersettings toe die DA in Metsimaholo aan bewind was, het hy hom deurgaans daartoe verbind om die mense van Metsimaholo te verteenwoordig en te verseker dat hul stemme gehoor word, het Jankielsohn genoem.

Thulani se afsterwe is ’n verpletterende verlies vir die DA en die gemeenskap wat hy gedien het. Ons betuig ons innige meegevoel met sy vrou, familie, vriende en kollegas in hierdie moeilike tyd.

Die Vrystaatse polisie-kommissaris, luitenant-generaal Solly Lesia, het aangedui dat ’n span aangestel is om die voorval te ondersoek. Ons vertrou dat die ondersoek die motief vir die voorval sal vasstel en dat diegene wat daarvoor verantwoordelik is, aan die pen sal ry, het Jankielsohn vanoggend gesê.

Die DA waardeer die boodskappe van medelye van LUR Ketso Makhume namens die African National Congress (ANC) en Jan van Niekerk van die Vryheidsfront Plus.

Thulani sal onthou word as ’n toegewyde staatsdienskneg en ’n kampvegter vir sy gemeenskap.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button