Daar gaan gewerk word by dié kruising
Samewerking van motoriste is gevra om wanneer die teerwerk gedoen is, nie te skuif aan die dromme of versperringsband nie.
Motoriste word daarop gewys dat teerwerk by die robot aan die kant van die Potchefstroom-ingang by die kruising van Van Coller- en Breëstraat, môre, (Woensdag 11 Oktober) gedoen sal word.
Volgens Moss Mokhohlane, senior instrukteur vir Safeti, sal die pad dan tot Vrydag 13 Oktober gesluit wees by die kruising om voldoende tyd toe te laat vir die materiaal om te set.
Wat kan motoriste verwag
- Die herstelwerk sal hoofsaaklik verkeer wat na en van Potchefstroom beweeg raak.
- Verkeer in Breëstraat sal steeds in beide rigting vloei.
Die herstelwerk vorm deel van die Ngwathe Munisipaliteit se Padherstel- en Onderhoudsprogram wat vroeër vanjaar bekendgestel is. Met die Operation Fix my Road-program word 60 mense oor ‘n 12 maande periode deur die diensverskaffer, Safeti (South African Foundation For Empowerment, Traininig & Innovation), opgelei om hulle met die nodige vaardighede toe te rus om slaggate te herstel.




