Covid-19 blus nie atlete se hardloop-lus

Covid-19 blus nie atlete se hardloop-lus

 

 

Vir baie skole-atlete het die Covid-19 pandemie drome vir provinsiale en selfs nasionale deelname op die atletiekbaan aan skerwe laat spat. Van hierdie atlete het in 2020 reeds gekwalifiseer vir deelname aan die SA Skole-byeenkoms na baie ure se oefen, maar het nooit die geleentheid gehad om te kon deelneem nie.

En steeds is daar geen vooruitsig vir skole-atletiek deelname aan groot byeenkomste soos kleuresport, die Sone-, Vaalrivier, Noord-Vrystaat-, Vrystaat- en uiteindelik SA Skole kampioenskappe nie. Omdat atlete van Parys Primêr in 2020 deurentyd geoefen het, het die skool vroeg vanjaar die Parys-atletiekklub gestig sodat atlete kon affilieer by Atletiek Suid-Afrika om steeds kompeterend te kan deelneem terwyl skolesport nog op ‘n halt geplaas is.

Op klubvlak mag laer- en hoërskoolleerders, studente aan tersiëre instellings en volwassenes steeds in groepe oefen en aan wedlope deelneem.

Die atlete is nou geaffilieer by die Vrystaat en word daar naas kort- en langafstande, ook hekkies, gewigstoot, diskusgooi, spiesgooi en hoogspring geoefen. Baanoefeninge word afgewissel met padoefeninge en selfs grondpaaie. En waar beter as in die prag natuurskoon van Koedoeslaagte in die hartjie van die Vredefort Koepel vir wanneer die grondpad aangedurf word. Alle Covid-protokol word gevolg en sal die klub se atlete op 16 Februarie aan hul eerste byeenkoms in Potchefstroom deelneem.  

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.
Back to top button