Só pas die GPF in by jou gemeenskap

Só pas die GPF in by jou gemeenskap

   

Die Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF) is die oë en ore van die polisie, maar wat doen die GPF in jou gemeenskap? Die polisie het tot die besef gekom dat suksesvolle polisiëring slegs kan geskied indien die polisie en gemeenskap as vennote misdaad beveg in die gemeenskap. Volgens Anne-marie du Toit, voorsitter van die Parys GPF het die gemeenskapspolisiëringsforum baie ten doel maar is die hoofdoel om ‘n veilige gemeenskap te skep, en word daar ook gefokus op maatskaplike faktore wat bydra tot misdaad. “Die GPF is deel van die bou van ‘n demokratiese samelewing waarin die polisie aanspreeklik is teenoor die gemeenskap om hulle te bedien. Die polisie kan egter nie op hul eie ‘n GPF stig nie. Dus het hul die ondersteuning en insette van die gemeenskap nodig om die probleme van die gemeenskap te verstaan.” Die gemeenskapslede wat op die komitee van Parys GPF dienis op ‘n algemene jaarvergadering gekies. Hulle is:

Anne-marie du Toit (voorsitter)

Wynand Nel (ondervoorsitter)

Dorette Nel (sekretaresse)

Theo Dunn

Ivan Kukard

Selma Kok

Jenny Kruger

Carl Von Maltitz

Emile Schutte

Carl Vosloo

Die polisielid verantwoordelik vir skakeling tussen die polisie en die gemeenskap is adjudant-offisier Jan Le Roux.

Tans is daar verskeie substrukture verbonde aan die Parys GPF van wie sommiges in vennootskap met die GPF funksioneer. LGV (Landelike Gemeenskap Veiligheid) onder leiding van Pieter Kemp verteenwoordig die GPF op plase en by organisasies verbonde aan plaasveiligheid. We Care onder leiding van Wynand Nel is verantwoordelik vir die GPF se dorpspatrollies en lewer verskeie ander gemeenskapsfunksies, terwyl Afriforum in 2020 by die GPF aangesluit het, en onder leiding van De Wet Fouche ook patrolleer en vrywillige gemeenskapsdienste lewer.

 

Die Lion of Judah Rehabilitasiesentrum ondersteun die GPF met dienste gerig op dwelm- en alkoholverslawing. Enige gemeenskaplid wat belangstel in die funksionering van die Parys GPF, of wat wil deel word kan die gereelde maandvergaderings bywoon. Daar is ook verskeie sektorvergaderings gedurende die jaar waar die gemeenskap kan inskakel.      

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.
Back to top button