Local news

Potchefstromer blink uit in senior ITF tennistoernooi in Pretoria

Mari-Louise van Zyl het 'n geleentheid om die kwarteindrondte te haal wanneer sy Gabriela Knutson van Tsjeggië in Pretoria aanvat.

Die Potchefstroomse tennisster, Mari-Louise van Zyl, wys haar staal by die ITF W-50 tennistoernooi in Pretoria nadat sy na die tweede rondte van hierdie senior vroue wêreldtoernooi deurgedring het.

Van Zyl (17) het vir Amanda Nava Elkin (Meksiko) met 5-7, 6-4, 6-4 in ‘n titaniese stryd in die eerste rondte op Dinsdag, 27 Februarie geklop.

Mari-Louise van Zyl speel ‘n rughandhou tydens die W-50 toernooi in Pretoria. Foto: Barco Greeff.
Mari-Louise van Zyl nadat sy na die tweede rondte van die W-50 ITF-toernooi in Pretoria deurgedring het. Foto’s: Verskaf.

Van Zyl, ‘n voormalige Potchefstroom Gimnasium-leerder en lid van die Riaan Venter Tennis Akademie, gaan vandag (Woensdag, 28 Februarie), teen die tweede gekeurde, Gabriela Knutson van Tsjeggië te staan kom.

Isabella Kruger is die ander Suid-Afrikaner wat nog in die toernooi is, nadat sy vir Maddalena Giordana van Italië met 6-3, 6-2 geklop het.

Mari-Louise van Zyl is deel van die Suid-Afrikaanse tennisspan wat in Ghana by die Afrika Spele in Maart gaan deelneem.

Van Zyl is ook in die Suid-Afrikaanse tennisspan vir die Afrika Spele in Ghana ingesluit. Hierdie Spele vind vanaf 8-23 Maart plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button