Local news

Verdagtes vas wat glo by motor inbreek

Mooirivier Beskerming kon daarin slaag om die verdagtes vas te trek.

Twee verdagtes is gisteraand deur Mooirivier Beskerming vasgetrek nadat hulle glo by ‘n voertuig ingebreek het.

Christiaan Haefele van Mooirivier Beskerming sê die beheerkamer is gisteraand omstreeks 21:30 in kennis gestel dat daar moontlik by ‘n motor in die Bult-area ingebreek is.

“Ons het opgevolg en gevind dat twee verdagtes ‘n voertuig met geweld oopgebreek het en ‘n kitaar, beursie en sleutels gesteel het.”

Die kameras het vir hulle ‘n algemene rigting aangedui waarin die verdagtes gevlug het.

“Binne ‘n paar minute het ons reaksiespanne die twee verdagtes in hegtenis geneem en al die gesteelde items teruggekry.”

Christiaan sê ook mense moet onthou om alle waardevolle items uit hulle voertuie te verwyder wanneer hulle in die openbaar stop.

Items wat teruggekry is.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button