Local news

Skenk jou organe en red sewe lewens

Jy kan iemand se lewe red as jy vandag besluit om 'n orgaanskenker te word.

Om jou organe te skenk, sou jy doodgaan, is iets waaroor mens nie eintlik wil dink of praat nie. Dit is egter so belangrik om daardie besluit te maak en die gesprek met jou familie te hê.

Augustus is orgaan- en weefselskenkermaand en die Orgaanskenker Fondasie SA wil almal aanmoedig om as orgaanskenkers te registreer.

Wanneer jy registreer om jou organe en weefsel te skenk, kan jy sewe mense se lewens red en ook tot en met vyftig ander gesond maak.

Wanner jy organe skenk word jou hart, longe, lewer, niere, pankreas en weefsel geskenk.

Die Orgaanskenker Fondasie sê egter dit is baie belangrik om hierdie besluit met jou familie vooraf te bespreek sodat hulle toestemming kan gee sodat jou organe geskenk kan word indien daar iets met jou sou gebeur.

Indien jy ‘n orgaan en weefselskenker wil word, kan hier hier registreer: www.odf.org.za

Related Articles

Back to top button