Local news

Eienaar met ou hondjie herenig

Die hondjie was reeds van Sondagoggend af weg.

‘n Ou hondjie, Niki, is met haar eienaar herenig nadat die hondjie Sondag weg geraak het.

Louise Venter sê haar ouma, Maria Dardim, het die Yorkie-kruising Dinsdag by ‘n troeteldieroppasser gelos om by haar dogter te gaan kuier.

“Toe ons Sondag bel om te reël om die hondjie te gaan haal, het die troeteldieroppasser gesê sy het al vroeër Sondagoggend weggeraak. My ouma was baie hartseer. Die hondjie is baie oud en is haar alles.”

Kort nadat kennisgewings op sosiale media geplaas is, het Pieter Holthauzen vir Louise gekontak en gesê haar ouma se hondjie het by hom aangekom. Hy het die hondjie vir hulle gehou.

Maria sê sy is baie bly en haar hart is nou vol.

“My ouma het eintlik net vir Niki oor nadat sy haar huis tydens Covid moes opgee. Die hondjie kom al baie jare saam met haar,” vertel Louise.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button