Local news

Weerdiens waarsku teen erge donderstorms in Noordwes

Bly warm en veilig.

Die Suid-Afrikaanse weerdiens het ’n geel vlak 2-waarskuwing vir erge donderstorms vir die Noord-Wes uitgereik.

Swaar reën word in Potchefstroom vir die naweek voorspel en kan aanhou tot en met Dinsdag.

Saterdag sal dit koud wees met ‘n minimum van 16˚c en ‘n maksimum van 23˚c. Daar word ‘n 70% kans van reën vir Saterdag voorspel.

Sondag word ‘n minimum van 14˚c en ‘n maksimum van 24˚c voorspel. Daar word ‘n 90% kans van reën en donderstorms vir Sondag voorspel.

Maandag bly die temperatuur dieselfde met ‘n minimum van 14˚c en ‘n maksimum van 24˚c. Daar word ‘n 80% kans van reën en donderstorms vir Maandag voorspel.

Dinsdag se temperatuur word voorspel om dieselfde as Maandag sin te wees, met ‘n 70% kans van reën en donderstorms.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button