Local newsNewsNews

Vrou val glo vrou met mes in Baillie Park aan

Die slagoffer kon daarin slaag om van haar aanvaller te ontsnap en na ’n nabygeleë huis te hardloop, waar sy hulp ontvang het.

’n 32-jarige vrou is na bewering deur ’n ander vrou aangeval en met ’n mes gesteek terwyl sy Donderdagmiddag, 5 November, op pad huis toe van die werk was.

Die voorval het in Bremnerstraat in Baillie Park plaasgevind.

Volgens inligting van die polisie is die slagoffer na bewering deur die verdagte agtervolg, waarna dié probeer het om haar handsak te gryp.

Die verdagte het die vrou glo aangerand, wat veroorsaak het dat sy op die grond geval het. Sy is daarna na bewering met ’n mes gesteek.

Die slagoffer kon daarin slaag om van haar aanvaller te ontsnap en na ’n nabygeleë huis te hardloop, waar sy hulp ontvang het.

Die Potchefstroom-polisie ondersoek ’n saak van aanranding met die opset om ernstig te beseer (GBH).

“Geen arrestasie is in hierdie stadium gemaak nie, en die ondersoek duur voort,” het sersant Kelebogile Morake, polisiewoordvoerder, gesê. Enigiemand met inligting wat die polisie met die ondersoek kan help, word versoek om na vore te kom.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button