Die hittegolf wat al vir meer as ‘n week oor die Noordwes hang sal na verwagting tot Woensdag 11 Desember voortduur.
Die Herald het vroeër berig ’n hittegolf met aanhoudende hoë temperature word oor die sentrale en suidoostelike dele van Noordwes en die noordelike dele van die Vrystaat verwag.
Temperature so hoog soos 37˚C met ‘n minimum van 21˚C word vir die week verwag. Temperature mag teen Donderdag 12 Desember begin afneem en reën word vir die naweek verwag.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



