Baba Xaviër wat op 19 Augustus gebore is toe sy mamma net 34 weke swanger was, is nou vier maande oud en en weeg al 4kg. Dit gaan baie goed met mamma en baba.
Potchefstroom Herald het vroeër berig Ab Labuschagne, baba Xaviër se ma, moes ‘n noodkeisier kry en klein Xaviër is na sy geboorte onmiddelik na die neonatale intensiewe sorgeenheid (NICU) geneem waar hy op suurstof geplaas is en buisvoeding gekry het.
Ab het medieseversekering gehad, maar Xaviër was nie gedek nie en na ‘n dag en ‘n half in die NICU het die ouers ‘n rekening van R65 000 gekry.
Baba Xaviër is die 20ste Augustus na Potchefstroom se staatshospitaal oorgeplaas waar sy gesondheid baie vinnig verbeter het.
Ab en haar man, Marius, is oorspronklik van Carletonville, wat 50km van Potchefstroom af is en het in hulle motor geslaap om by hulle baba te wees.
Barmhartige samaritane het hulle harte en deur vir die paartjie oopgemaak en vir hulle slaapplek gegee.
Xaviër is 22 Augustus uit die hospitaal ontslaan.
Tot op hede het die gemeenskap die gesin gehelp om R14 300 van die hospitaal se kostes in te samel. Daar is om en by nog R50 000 op die rekening uitstaande.
Indien jy enige bydra vir baba Xaviër se mediese kostes wil maak, kan jy dit hier doen. Vir enige verdere vrae kan jy vir Ashley by 065 678 3966 skakel of WhatsApp.



