Man verdwyn tussen Noordwes en Gauteng
Die voertuig is glo laas op 27 Desember in Durban, KwaZulu-Natal gesien.
Gert Louw (54) het tussen Noordwes en Gauteng vermis geraak nadat hy glo ‘n kliënt gaan sien het.
Gert Louw is laas op 26 Desember gesien toe hy van die De Wildt-omgewing in die Noordwes na Johannesburg gery het om ‘n kliënt te ontmoet. Dit is tans onduidelik of hy sy bestemming bereik het.
Louw bestuur ‘n Wit Honda BR-V 2016 model met registrasienommer KMX042NW. Die voertuig is glo laas op 27 Desember in Durban, KwaZulu-Natal gesien.
Louw is 1.73m lank en het ligbruin hare en blou oë. Hy is laas gesien met ‘n ligblou hemp met ‘n kortbroek. Hy het ‘n merkbare litteken aan die linkerkant van sy ken.
Louw is as vermis by die SAPS in Brits, Noordwes aangegee.
“My skoonpa word vermis, en ons is baie bekommerd oor hom. Deel asseblief hierdie plasing sodat ons hom so gou moontlik kan opspoor,” het Francois Kruger, Louw se skoonseun in ‘n plasing op Facebook gesê.
Enigiemand met inligting oor waar Louw hom bevind, kan die volgende spesialis-ondersoekers kontak:
Odette van Staden
Kontaknommer: +27 64 700 3023
E-posadres: odettevs@mikebolhuis.co.za
Phil Vermeulen
Kontaknommer: +27 82 604 4598




