Local news
Hou jouself veilig terwyl jy kuier
Onthou dat jy nie alkohol of ander dwelms hoef te gebruik om pret te hê nie
Die kans is altyd daar dat jou drankie gedokter kan word terwyl jy kuier. Die risiko vir vroue is aansienlik hoër as vir mans. Die gevare wat jou kan inwag wanneer jou drankie gedokter word, is eindeloos. Dit is hoekom dit so belangrik is om jouself en jou drankie veilig te hou terwyl jy partytjie hou of kuier.
Beskerm jouself so:
- As jy gaan partytjie hou, beplan vooruit – reël om naby vriende te bly wat jy vertrou, en maak seker jy het ‘n plan in plek vir hoe jy by die huis gaan kom.
- Onthou dat jy nie alkohol of ander dwelms hoef te gebruik om pret te hê nie.
- As jy alkohol gaan drink, drink matig. Besluit op jou limiet en hou daarby.
- Eet goed voor jy die huis verlaat. ’n Vol maag vertraag die opname van alkohol.
- Moenie bestuur as jy alkohol gedrink het nie.
- Moenie toelaat dat ander jou drankies volmaak nie.
- Koop jou eie drankies en kyk hoe die kroegman dit maak of oopmaak.
- Moenie jou oë van jou drankie afhaal nie. Hou dit by jou, of kry ‘n nuwe een as jy dit sonder toesig moet los.
- Moenie drankies van ander mense aanvaar nie, tensy jy dit self van die kroegman aanvaar.
- Moet nooit dwelms met alkohol of ander dwelms meng nie.
- Moenie in ‘n motor klim met ‘n bestuurder wat gedrink het nie.
- Moenie toelaat dat groepsdruk jou beweeg om enigiets te doen wat jy nie wil doen nie. Dis reg om nee te sê.
- Gaan na ‘n veilige plek as jy onveilig voel by ‘n venue of partytjie.
- Moenie risiko’s waag waaroor jy dalk kan spyt wees nie, soos om in water te duik as jy nie weet hoe diep dit is nie of om naby swembaddens rond te speel nie.
- Besluit vooraf saam met vriende om na mekaar om te sien.
- Moenie uitgaan of wegloop saam met ‘n persoon wat jy pas ontmoet het nie. Bly in die openbaar. As hulle jou interesseer, kry ‘n telefoonnommer.
- Bel die polisie as jy voel ‘n situasie is buite jou beheer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



