Local news

Wanneer ‘n dier met jou hart praat

PAWS het ‘n spesiale aanbod waarby jy een van hulle honde vir slegs R200 kan aanneem.

Soms wanneer jy na ‘n hond of ‘n kat kyk, maak jou hart ‘n bokspring. Dit is wanneer jy weet dit is die regte dier vir jou.

Potchefstroom Animal Welfare Society (PAWS) het ‘n spesiale aanbod waarby jy een van hulle honde, vir slegs R200 kan aanneem. Dit sluit sterilisasie, ontwurming, eerste inspuitings en ‘n mikroskyfie in.

Baie van hierdie ‘langtermyn inwoners’ is al vir jare in PAWS se hokke en brand om weer deel van ‘n gesin te wees.

Hanlie Jooste van PAWS sê hulle het oor Desember ‘n skrikwekkende aantal diere ingekry. Van hulle wat langs die pad opgetel is en ander wat net deur hulle eienaar oorhandig is.

Hier is die honde wat vir R200 aangeneem kan word:

Let wel dit is net die bogenoemde honde wat teen R200 aangeneem kan word.

Indien jy ‘n kat wil aanneem, sal die kostes R600 wees. (Alles ingesluit.)
Klein rasse hondjies – R800. (Alles ingesluit.)
Medium tot groot rasse honde – R950. (Alles ingesluit.)
Krag-rasse – R1000. (Alles ingesluit.)

Hier is die proses om ‘n hond of kat aan te neem:

  • Jy besluit watter hond of kat met jou hart praat.
  • Jy vul ‘n aansoekvorm by PAWS in.
  • PAWS kom doen ‘n huisinspeksie by jou huis.
  • Wanneer jy goed gekeur is, word jou hond of kat gesteriliseer en kan jy hom direk na sterilisasie by PAWS optel.
  • Indien die hond of kat reeds gesteriliseer is, kan jy jou hond of kat onmiddellik by PAWS optel.

Indien enige van die bogenoemde honde met jou hart praat, kontak vir PAWS by 071 681 9264.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button