Local news

Moordsaak van Potchefstroom-man weereens uitgestel

Die verhoor is tot April uitgestel.

Vier jaar nadat Sias Willemse (71) op 22 September 2020 in sy huis in Potchefstroom oorval en vermoor is, is die saak weer Woensdag, 29 Januarie in die landdroshof in Potchefstroom uitgestel.

Willimse was alleen in sy huis was toe hy deur die drie verdagtes oorval is, is met dasse gerwurg en doodgeskiet. Drie roomysbakke vol R5-muntstukke, wat Willimse vir sy drie kleindogters gespaar het, is gesteel.

Die verdagtes word ook vir, huisroof en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie aangekla.

Volgens kolonel Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in die Noordwes, het twee van die verdagtes reeds erkennings en uitwysings gemaak. Beeldmateriaal van sekuriteitskamera’s op die dag van Willemse se moord, word ook ondersoek.

Die verhoor van die drie beskuldigdes, Petrus, Anna en Andries Mahlapa, wat almal familie is, is op die rol geplaas vir Woensdag, maar is weereens tot 22 April uitgestel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button