
Die N12 wat vanoggend, 17 Maart, nog oop was, is intussen gesluit.
Die polisie is steeds op die toneel en waarsku gebruikers om alterantiewe roetes te gebruik wanneer hulle tussen Klerksdorp en Potch moet reis.
Die versperring, is naby Ikageng, en is glo deel van ‘n streeks protesaksie wat glo deur die Taxi verenigings van stapel gestuur is. Verskeie paaie is ook in Klerksdorp toe.
Klerksdorp Rekord berig dat volgens Shakes Mayekani, Voorsitter van SANTACO in die Dr Kenneth Kaunda-streek, is die stilstand nie bedoel was om munisipale bedrywighede of skoolbywoning te ontwrig nie.
In wese gaan die protes oor permitte en nie infrastruktuurkwessies nie.
Hou die Herald se webtuiste dop vir meer inligting.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.