Local news

Arende domineer UJ op sopnat Fanie

Burger van der Westhuizen se troepe het die wedstryd op alle fasette domineer, met Chyle van Zyl wat 'n driekuns drieë gaan druk het. 

Die NWU het UJ Maandagaand, op die Fanie du Toit sportgronde totaal domineer.

Die Potchefstromers het die manne van Johannesburg, met ‘n 52 – 7 pakslae huis toe gestuur. Vir beide die NWU en UJ was dit ‘n moet wen wedstryd en die Arende het die toets behoorlik geslaag. Die wedstryd het later as geskeduleer begin aangesien van weerlig, maar van die eerste afskop af, het die NWU hulle staal gewys.

Burger van der Westhuizen se troepe het die wedstryd op alle fasette domineer, met Chyle van Zyl wat ‘n driekuns drieë gaan druk het.

Tian van Zyl, Stephan Krugel, Guhan du Bois en Stephen Taylor het ook vir die Arende gaan druk. UJ kon daarin slaag om ‘n troosdrie teen die einde van die wedstryd te gaan druk.

Dié bonuspunt oorwinning gee die Arende nog hoop om die halfeindrondtes te behaal. Met ‘n laaste wedstryd tuis, teen CUT en die Shimlas wat Pretoria toe moet reis lyk dit rooskleurig vir die Arende. As die NWU vir CUT wat tans 6de op die punteleer lê kan klop en Tuks klop vir Shimlas dan sal die Potchefstromers in die halfeindrondtes in sluip.

Shimlas het ook die wiksunde gedoen en sal alles in die stryd werp om die manne van Pretoria te klop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button