N12 naby Stilfontein weer onder water
Die DA se woordvoerder vir openbare werke en paaie in die Noordwes, Freddy Sonakile, het aan SANRAL 'n versoek gerig om by die probleem in te gryp.

‘n Gedeelte die N12 tussen Potchefstroom en Klerksdorp, is onder water.
Verkeer na Klerksdorp word deur Stilfontein herlei. Die aanhoudende reën het veroorsaak dat die stuk pad naby Stilfontein weer onder water is.
Die DA se woordvoerder vir openbare werke en paaie in die Noordwes, Freddy Sonakile, het aan SANRAL ‘n versoek gerig om by die probleem in te gryp.
Volgens hom is die munisipaliteit se huidige benadering – die plaas van waarskuwingstekens – nie voldoende om motoriste te beskerm, veral in die nag nie. Hy het bygevoeg dat die korttermynoplossings soos dreineringsputte aan die kant van die pad misluk het, en ‘n permanente, oplossing nodig is om beide inwoners en infrastruktuur te beskerm.



