Local news

Van skole twis tot 520 pool speletjies

'n Twis oor skolerugby het in 'n hegte vriendskap verander.

Hennie Smit (60) en Neil Daniel (56) se twis oor skolerugby het nie net in ‘n legendariese poolspel kompetisie verander nie, maar ook in ‘n hegte vriendskap.

Die twee se storie, een oud-Volkie en een oud-Gimmie, het by Geckos, ‘n gewilde bar begin. Neil vertel die twee het gereeld vasgesit oor skolerugby en het soms bitter kwaad geraak vir mekaar.

“Ons het besluit om dit ordentlik tussen mekaar uit te sorteer deur ‘n pool-kompetisie te begin.”

So het die vriendelike kompetisie tussen die twee begin en hou al om en by twee jaar aan. Op 1 November het hulle al 520 games gespeel en staan albei tans op 260.

So het hulle hul verskille op ‘n gesonde manier uitsorteer en so ook goeie vriende geword. Hulle kuier en braai gereeld saam.

Hennie vertel hulle sal met die kompetisie aangaan tot die dag wat een van hulle nie meer in staat is om te speel nie. Hulle speel nooit op ‘n spesifieke dag of tyd nie, maar die oomblik wat hulle vryetyd het, kan jy hulle by Geckos opspoor, besig om pool te speel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button