Local news

Twee leerders beloon vir uitnemende akademiese vordering

Twee van die top 10 leerders kom van Potchefstroom af.

Elke jaar kondig Edublox die Top 10 Leerders van die Jaar aan — ’n kompetisie wat leerders van regoor Suider-Afrika, insluitend SuidAfrika en Namibië, vier.

Hierdie kompetisie erken leerders wat uitmuntende akademiese vordering, deursettingsvermoë en persoonlike groei getoon het tydens hul tyd by Edublox.

Wat hierdie jaar ekstra besonders maak, is dat twee van die Top 10 leerders van regoor Suider Afrika uit Potchefstroom se eie sentrum kom.

“Ons is ongelooflik trots op Julian Wittaker (Graad 3) en Taylor Granzier (Graad 6), wat gekies is as twee van die Top 10 leerders van die jaar vir 2025,” sê Marina Wilters van Edublox Potchefstroom.

“Julian en Taylor, julle harde werk, toewyding en positiewe gesindheid het werklik vrugte afgewerp. Julle is ’n inspirasie vir ander leerders en bewys dat enigiets moontlik is wanneer mens met vasberadenheid en geloof in jouself werk.”

Julian en Marinda.
Marinda en Taylor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button