Local news
Brug weer oop na water sak
Die brug is Woensdag gesluit vir verkeer nadat die Vaalrivier se watervlak by die brug 2,728m gemeet het.
Die Schoemansdrift laagwaterbrug in die Vredefort Koepel is vanoggend om 08:00 weer oop nadat die Vaalrivier se watervlak aansienlik sedert gister gesak het.
Die brug is Woensdag gesluit vir verkeer nadat die Vaalrivier se watervlak by die brug 2,728m gemeet het.
Daar is Maandag vyf sluishekke by Vaaldam oopgemaak, en nog drie sluishekke Dinsdag. Twee van die agt sluishekke is gisteroggend toegemaak en het die watervlak sedert gister met bykans ‘n meter gesak.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



