NewsNews

Hartseer familie en vriende groet Tubby

Nee daar was nie die naweek ‘n rally in Potchefstroom nie. Die bikers wat Vrydagoggend in die dorp te sien was, het van oraloor gekom om vir Tubby Delport te groet. Pastoor Francois van den Bergh van Kruispad Evangelie het die diens waargeneem in die Suiderkruis-gemeente. Die oorvol kerk het gespreek van die impak wat …

Dogter Marie en Vrou Hester by die kerk soos Tubby se kis ingedra word
Dogter Marie en Vrou Hester by die kerk soos Tubby se kis ingedra word

Nee daar was nie die naweek ‘n rally in Potchefstroom nie. Die bikers wat Vrydagoggend in die dorp te sien was, het van oraloor gekom om vir Tubby Delport te groet.

Pastoor Francois van den Bergh van Kruispad Evangelie het die diens waargeneem in die Suiderkruis-gemeente. Die oorvol kerk het gespreek van die impak wat Tubby op so baie mense se lewens gehad het.

Verkeersbeamptes wat saam met Tubby gewerk het, het opgedaag om hulle oud-kollega en vriend met respek te groet. Bikers het ook in hulle massas opgedaag om vir Tubby totsiens te sê op die gepaste biker manier.

’n Emosionele erewag buite die kerk is vergesel deur die gedreun van motorfietsenjins, die biker weergawe van die 21 geweersalute. Almal het saamgestem dat hulle besig was om ’n legende te groet.

Hulle het van sover as Lichtenburg en Pretoria af gereis om vir Tubby te groet. Jan Doep wat namens die biker-gemeenskap ’n huldeblyk aan Tubby gelewer het, het teen die trane geveg.

“As almal ’n storie vertel van hoe hulle vir Tubby onthou, sal ons heeldag in die kerk wees,” het pastoor Francois bygevoeg.  Dit was duidelik dat Tubby se heengaan diep betreur is deur almal wat so lief was vir hom.

Bikers het van ver afgekom om Tubby deel te wees van Tubby se "final ride"
Bikers het van ver afgekom om Tubby deel te wees van Tubby se “final ride”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button