NewsNews

Laureus eerstejaar oorlede in tragiese omstandighede

'n Eerstejaar van Laureus, Xavier Klein, is gisteraand in MediClinic oorlede na 'n voorval by die Fanie du Toit se swembad gistermiddag (Saterdag, 12 Maart).

‘n Eerstejaar van Laureus, Xavier Klein, is gisteraand in MediClinic oorlede na ‘n voorval by die Fanie du Toit se swembad gistermiddag (Saterdag, 12 Maart).

Klein het gistermiddag saam met twee studentemaats by die Fanie se swembad gaan swem. Na ‘n paar lengtes het Xavier aan sy vriende genoem dat hy maagpyn het, en het ‘n rukkie op die kant gesit.

Hy het toe egter weer saamgeswem en in die moeilikheid geraak. Sy maats het dit vinnig agtergekom en hom te hulp gesnel. Ook waterpolo-spelers het gehelp en hulle kon onmiddellik met mond-tot-mond-asemhaling begin.

Nooddienste, wat by die nabygeleë netbalwedstryde ontplooi was, kon binne minute aansluit. Hy is per ambulans na MediClinic vervoer.

Prof. Fika Janse van Rensburg, waarnemende rektor van die NWU Potchefstroomkampus, was gisteraand nog by Klein voor sy afsterwe en het met die dokter en susters toegewys oor sy kritieke toestand teen daardie stadium gepraat.

“Ons kry swaar saam met sy ouers, familie, vriende en veral die mede-inwoners van Laureus,” het Janse van Rensburg in ‘n persverklaring genoem.

Die hoofrede vir sy dood is nog onbekend.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button