NewsNews

Verpleegkunde studente kry eerstehandse trauma-ervaring

Studente van die NWU Potchefstroomkampus se Skool vir Verpleegkunde het eerstehands ervaar wat dit beteken om trauma pasiënte tot in die hospitaal te kry.

Studente van die NWU Potchefstroomkampus se Skool vir Verpleegkunde het eerstehands ervaar wat dit beteken om trauma pasiënte tot in die hospitaal te kry.
87 verpleegstudente moes onder leiding van paramedici van ER24 en die Tlokwe brandweer verskeie trauma-situasies hanteer. Albei scenarios was van ernstige motorongelukke waar die pasiënte verskillende beserings en simptome gehad het. Die studente moes die beserings assesseer en besluit hoe om die ‘pasiënte’ te behandel.
Die ‘pasiënte’ was almal studente van Potchefstroom Akademie. Hulle het mekaar gegrimeer om wonde na te maak.
Mooirivier Beskerming het uitgehelp met die oefening deur as sekuriteit op die ‘toneel’ op te tree. Potchefstroom Akademie se fotografiestudente het die Mooirivier manne besig gehou terwyl hulle die rol van die pers vertolk het. Die ER24 paramedici en brandweer het die studente leiding gegee waar dit nodig was.
Dr. Ronel Pretorius wat die dag gereël het, het gesê dat hierdie tipe opleiding noodsaaklik is om die gaping te oorbrug wat bestaan tussen die wat eerste reageer na sulke situasies en waarna pasiënte dan in die hospitaal opgeneem word.
Die studente is in 22 groepe ingedeel, waarvan die helfte eers die teorie gedoen het en die ander helfte die prakties, daarna het die groepe geruil.
Dr. Anita Groenewald het die teoretiese lesings behartig. Dr. Johann Horn het aan die einde van die dag ’n seminaar aangebied oor etiek in noodbehandeling.
Volgens dr. Pretorius was die dag ’n groot sukses vir die Skool van Verpleegkunde wat vanjaar 50 jaar oud word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button