NewsNews

Gesteelde goedere deur polisie gevind

Die polisie het drie verdagtes in hegtenis geneem na vermoedelik gesteelde goedere in hulle besit gevind is.

Die polisie het drie verdagtes in hegtenis geneem na vermoedelik gesteelde goedere in hulle besit gevind is.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, was die polisie Sondag besig om te patrolleer in Nelson Mandela rylaan toe hulle twee mans gesien het wat saam op ‘n fiets ry. Die mans het elk ’n sak by hulle gehad. Die polisie het die twee mans voorgekeer, waarna een van die mans onmiddellik gevlug het. Die polisie het die ander verdagte in hegtenis geneem, nadat ’n skootrekenaar, gereedskap, klere en skoene in die sakke gevind is. Volgens Chaka kon die verdagte nie rekenskap gee oor waar hy die goedere bekom het nie. Die verdagte is in hegtenis geneem op aanklagte van besit van vermoedelik gesteelde eiendom. Die 27-jarige Steven Makwakwa het Dinsdag in die hof verskyn.
In ’n ander geval Saterdagoggend omstreeks 03:45 het die polisie twee verdagtes op fietse op die Carletonville pad voorgekeer. Nadat die polisie die verdagtes se sakke deursoek het, is gevind dat dié twee verdagtes, Victor Tevane (25) en Anthony Chivambu (20), se sakke vol koperkabel was.
“Die verdagtes het geen rede verskaf waarom hulle die koperkabels by hulle gehad het nie. Gevolglik is hulle in hegtenis geneem op aanklagte van besit van vermoedelik gesteelde eiendom. Albei verdagtes het Dinsdag in die hof verskyn.
Brig. Sebang Molate het die goeie werk van die polisiebeamptes geprys.
“Ek moet hierdie lede gelukwens met hulle goeie werk. Hulle oë was behoorlik oop gewees terwyl hulle op patrollie was. Baie goeie werk,” het hy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button