Salon katte soek ‘n huis
Indien jy nog altyd graag ‘n katjie wou hê, is dit nou jou kans om sommer ‘n hele paar te kry. Baba katjies agter Tina Scholtz se Dag Spa in Nelson Mandelastraat 12, soek tans na ‘n permanente huis en ‘n familie wat hulle kan liefhê. Van die werkers by dié spa sorg reeds vir …
Indien jy nog altyd graag ‘n katjie wou hê, is dit nou jou kans om sommer ‘n hele paar te kry.
Baba katjies agter Tina Scholtz se Dag Spa in Nelson Mandelastraat 12, soek tans na ‘n permanente huis en ‘n familie wat hulle kan liefhê. Van die werkers by dié spa sorg reeds vir byna 10 jaar vir hierdie spesifieke kat-kolonie.

“Vir solank as wat ek hier werk, sorg ons al vir die katte. Ons vra nie vir donasies nie, maar soek eintlik huise vir die kindertjies,” sê Karen Stewart, een van die ‘kat- mal dames’ by die spa.
“Van die werkers sit sommer geld bymekaar om vir die katjies kos te koop,”sê sy.
“Partykeer kom die mamma hier aan met een baba en ander kere het ons bietjie meer, maar in dié stadium het ons die meeste wat ons nog ooit gehad het,” sê Karen.
Volgens haar het hulle dit nog altyd reggekry om die mamma en babatjies te versorg en om vir die babatjies huise te kry.
“Dit is nou die eerste keer wat ons nie vir almal kon huise kry nie. Dit raak bietjie moeilik, omdat die so baie katte is.
“Die twee groot katte wat nou hier is wil ons hou, hulle kan maar salon-katte wees. Maar die ou babatjies moet huise kry,” voeg sy by. Karen sê dat die mamma heeltemal wild is. Hulle wil haar probeer vang om te laat steriliseer, maar as sy hulle sien, hardloop sy weg.
“Ons vang die babas, hulle is nie meer so bang soos eers nie. Hulle word nou al gewoond aan mense,” sê sy.
Enigiemand wat belangstel om van hierdie katte aan te neem, kan die Dag Spa besoek of by (018) 297 7955 kontak.
Soortgelyke Stories
Kat dood na skoot met pyl en boog-Potchefstromers staan saam
Kat geopereer na windbuks-skoot





