NewsNews

Munisipaliteit maak beloftes, maar niks het nog gebeur nie

Die gemors in Eleazerstraat is nog onveranderd. Annemarie Lensing, ’n trustee van Urban Living het die situasie al verskeie kere onder die stadsraad se aandag gebring, veral nadat die raad ’n stuk grond wat aan Urban Living behoort, skoongemaak en die trustees ’n rekening van R18 000 ontvang het.

Die gemors in Eleazerstraat is nog onveranderd.
Annemarie Lensing, ’n trustee van Urban Living het die situasie al verskeie kere onder die stadsraad se aandag gebring, veral nadat die raad ’n stuk grond wat aan Urban Living behoort, skoongemaak en die trustees ’n rekening van R18 000 ontvang het.
Volgens Lensing het dit in Desember alles binne twee weke gebeur. Sy glo sy is nie die kans gegun om haar eie kontrakteurs te kry om die erf skoon te maak nie. In die geval van die huis in Eleazerstraat wat verlede jaar afgebrand het, het dit meer as net lang gras geword. Die huis lyk asof dit ’n stortingsterrein geword het. Daar is ook bewys van dwelmgebruik op die perseel. Gebruikte naalde is daar gevind. Volgens Lensing slaap hawelose mense snags in die huis.
Sy het al gesien dat kinders so jonk as ongeveer agt jaar oud in en uit die erf beweeg.
“Ek is bekommerd oor die kinders se welstand. Daar is ’n jong meisie wat omtrent 12 jaar oud is wat saam met haar ma deur die rommel sif, seker om iets te kry wat hulle kan verkoop,” het Lensing gesê.
’n Raadop Lensing het uiteindelik vir Santi Britz, wyksraadslid van wyk 23, gevra om te help. Hoewel dit nie Britz se wyk is nie, het sy gekyk hoe sy vir Lensing kan help. Omdat die huis nou ’n gesondheidsrisiko is, het Britz onderneem om dit met die departement gesondheid op te neem.
Volgens William Maphosa, munisipale woordvoerder, is die munisipale beleid met betrekking tot leë erwe dat die erwe skoongemaak word en dat ’n rekening aan die eienaar gestuur word.
“Met betrekking tot die erf in Eleazerstraat word daar relevante ondersoeke gedoen en dieselfde proses sal gevolg word,” het Maphosa gesê.
Die munisipaliteit het tot op datum nog niks aan die erf gedoen nie.

 

Lees hier oor die eerste keer toe die Herald oor die huis berig het

Bouval broeiplek vir siektes

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button