NewsNews

Verdagtes skiet op inwoner in Miederpark

Vermeende rowers het Woensadag aand omstreeks 20:00 op 'n inwoner in Miederpark begin skiet.

Vermeende rowers het Woensdagaand omstreeks 20:00 op ‘n inwoner in Miederpark begin skiet.

Hy het hulle in sy buurman se erf betrap, die verdagtes het daarna glo na hulle voertuig gevlug en weggejaag.

Na wat die Herald verneem het die inwoner toe die verdagtes agterna gesit en op die hoek van Smit- en Peter Mokaba-straat het die verdagtes op die inwoner begin skiet waarna die polisie op die toneel opgedaag het. Hy is gelukkig nie beseer nie.  Daar is glo onlangs ook by dié inwoner ingebreek.

Jeanne Adriaanse, voorsitter va ndie Potchefstroom GPF, het almal bedank vir hulle samewerking en volgehoue harde werk. Sy het egter gewys op die gevare van om self verdagtes te jaag.  “Jy self, almal saam met jou asook die wat onskuldig in die omgewing is kan in so ‘n voorval ernstig beseer word,” sê sy.  Haar raad is om eerder onmiddellik die polisie of sekuriteitsmaatskappye in kennis te stel.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button