NewsNews

Polisie waarsku teen inbraak en diefstal

Huisbraak en diefstal is ’n groot probleem in die Bult area.

Huisbraak en diefstal is ’n groot probleem in die Bult area.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het dié misdaad op die Bult baie toegeneem.
Hy het inwoners gewaarsku om nie waardevolle besittings soos selfone, kameras en skootrekenaars naby oop vensters te los nie.
“Baie van die items word ook uit voertuie gesteel. Hierdie items moenie in die kar gelaat word waar kriminele dit kan sien nie,” sê hy.
Die polisie het ekstra patrollies in die area ontplooi. Volgens Chaka is hulle ook besig met stop en soek operasies om moontlike gesteelde goedere te vind. Hy het inwoners gemaan om meer versigtig te wees en om deure te sluit al is inwoners in die huis.
Enige inligting oor misdaad kan aan die polisie se radio beheerkamer deurgegee word. Die nommer is (018) 299 7477 anders kan 10 111 geskakel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button