NewsNews

Inenting van diere baie belangrik

Hoewel gevalle van hondsdolheid nie onlangs in Potchefstroom aangemeld is nie, is dit ’n siekte wat baie vinnig kan versprei

Hoewel gevalle van hondsdolheid nie onlangs in Potchefstroom aangemeld is nie, is dit ’n siekte wat baie vinnig kan versprei. Verlede week het die nasionale media berig dat daar ’n uitbraak van hondsdolheid in Gauteng ondervind word.
Volgens Andries Venter, bestuurder van Potchefstroom Animal Welfare Society (Paws), is dit baie belangrik om troeteldiere teen siektes te beskerm. “Ons gee ’n 5 in 1 inenting asook inenting teen hondsdolheid,” sê hy.
Volgens hom is daar tans ’n probleem in Potchefstroom met katgriep. Daarom raai hy mense aan om so gou moontlik die inentings te laat doen.
Paws het verlede week Vrydagmiddag ’n tydelike kliniek in Ikageng opgerig waar diere teen onder meer hondsdolheid ingeënt is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button