NewsNews

‘Profeet’ besteel goedgelowige

’n Vrou is na bewering Vrydagmiddag omstreeks 14:00 deur ’n man besteel wat homself as ’n profeet voorgedoen het.

’n Vrou is na bewering Vrydagmiddag omstreeks 14:00 deur ’n man besteel wat homself as ’n profeet voorgedoen het.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, was die vrou op die Bult op pad bank toe, toe ’n onbekende wit man haar genader het om te vra vir rigtingaanwysings.
Sy het vir die man gesê dat sy nie die aanwysings ken nie. Die man het glo daarna vir die vrou gesê dat hy ’n profeet is en dat sy saam met hom na haar huis moet gaan waar hy vir haar sal bid.
Die goedgelowige vrou het die man na haar huis in Malherbestraat geneem, waar hy vir haar gesê het om haar skootrekenaar te gaan haal. Met die skootrekenaar in die kar het hulle weer gery.
Kort nadat hulle weg is by die vrou se huis, het die sogenaamde profeet vir haar gesê om uit die voertuig te klim sodat sy kan bid. Nadat die vrou uit die kar geklim het, het die “profeet” met die vrou se skootrekenaar, selfoon asook die kontant in haar beursie weggery.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button