NewsNews

AfriForum bedrywig in die stad

AfriForum in samewerking met die munisipaliteit, het Dinsdagoggend omstreeks 08:00 begin om die gebied om die banketsaal skoon te maak.

AfriForum in samewerking met die munisipaliteit, het Dinsdagoggend omstreeks 08:00 begin om die gebied om die banketsaal skoon te maak.

Herman Swiegers en Hendrik Oosthuizen.
Herman Swiegers en Hendrik Oosthuizen.

Dit was deel van ’n bewusmakingsprojek deur AfriForum wat onlangs ’n tak in Potchefstroom gestig het. Hulle is ook hard besig om aan ’n AfriForum buurtwag vir die hele Potchefstroom te werk. Volgens Hendrik Oosthuizen, distrikskoördineerder van AfriForum Noordwes, het die munisipaliteit gehelp deur werkers vry te stel om te help. Huurwerkers is ook gebruik om werk te skep.

Die vuil water word uit die dammetjie uit gepomp sodat die bodem skoongemaak kan word.
Die vuil water word uit die dammetjie uit gepomp sodat die bodem skoongemaak kan word.

“Een van die grootste uitdagings was om die fontein skoon te maak omdat die pomp nie goed werk nie. Dankie aan die brandweer wat kom hand bysit het, of altans tuinslang bygesit het,” sê Oosthuizen. Behalwe vir die skoonmaak het AfriForum ook die dorp se vullisterrein ge-oudit asook op twee verskillende plekke water getoets.

Die groep van Afriforum wat help skoonmaak het by die Banketsale.
Die groep van Afriforum wat help skoonmaak het by die Banketsale.

Volgens hulle is die Felophepa (Hartebeeskop) vullisterrein in ‘n uitstekende toestand. Die bestuur en instandhouding van die vullisterrein is deur die munisipaliteit uitgekontrakteer aan The Waste Group. Volgens AfriForum se oudit het die vullisterrein ‘n 96% skoon-oudit behaal. Die resultate van die watertoetse het getoon dat die fosfate en nitrate in die water nie skadelik is nie. Die gehalte van die dorp se drinkwater is ook getoets, maar die resultate is nog nie bekend nie. Sodra dit beskikbaar is sal dit op die AfriForum Potchefstroom se Facebookblad geplaas word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button