NewsNews

Vrou in voertuig vasgekeer

'n Vrou was laat Maandagaand (15 Augustus) vasgekeer in haar voertuig nadat die voertuig op die Carletonvillepad gerol het.

‘n Vrou was laat Maandagaand (15 Augustus) vasgekeer in haar voertuig nadat die voertuig op die Carletonvillepad gerol het.

Volgens ʼn verklaring van Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, is die vrou gelukkig om ernstige beserings te vermy het. Sy het glo beheer verloor van die voertuig terwyl sy op die R501 in die rigting van Carletonville gereis het.

Met paramedici se aankoms het hulle die voertuig, wat op sy, sy langs die pad gelê het met die vrou binne gevind.

Die brandweer het die ‘jaws of life’ gebruik om die vrou te bevry. Paramedici het die vrou se toestand assesseer en bevind dat sy gelukkig net ligte beserings opgedoen het. Sy is hospitaal toe geneem vir verdere behandeling.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is onbekend maar die polisie en verkeer was op die toneel om verdere ondersoek in te stel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button