
ʼn Brand het omstreeks 15:00 naby die grasdak afdakkies by KFC in Nelson Mandela rylaan ontstaan.
IMR Ambulansdienste was eerste op die toneel waarna hulle die Tlokwe brandweer ontbied het. Die brandweer het vinnig reageer om die brand onder bedwang te bring. Die oorsaak van die brand was glo ʼn klein veldbrand wat deur die wind na die grasdakke toe versprei is.
Gelukkig is niemand beseer tydens die voorval nie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!




