NewsNews

Vrou glo op die Bult verkrag

’n Vrou is verlede Saterdagaand omstreeks 03:00 na bewering op die Bult verkrag. Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, was die vrou saam met haar vriendinne by ’n partytjie by ’n woonstel in Steve Bikostraat.

’n Vrou is verlede Saterdagaand omstreeks 03:00 na bewering op die Bult verkrag.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, was die vrou saam met haar vriendinne by ’n partytjie by ’n woonstel in Steve Bikostraat.
“Sy het glo die hele aand net koeldrank gedrink. In ‘n stadium het sy badkamer toe gegaan en haar koeldrank op ’n tafel gelos,” het Chaka gesê.
Die vrou het glo haar drankie klaargemaak en saam met haar ander vriende en vriendinne teruggegaan na haar woonstel in Steve Bikolaan. Nadat die groep by die vrou se woonstel aangekom het, het hulle besef dat daar ’n deel van hulle groep agtergebly het.
“Die vriendinne het die vrou verlaat om die res van hulle groep te gaan haal. Die vrou het agtergebly saam met ’n man wat sy ken,” het Chaka gesê.
Die vrou het glo aan die slaap geraak maar nadat sy wakker geword het, was die man saam wie sy agtergebly het, bo-op haar, besig om haar te verkrag.
“Sy kan nie onthou dat sy haar klere uitgetrek het nie, sy het dadelik vir hom gevra om te loop. Hy het glo vir haar geglimlag en gesê dat sy ’n goeie werk gedoen het,” vertel Chaka.
Die vrou het ’n saak van verkragting by die polisie aangemeld. Dit word tans ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button