Buiteklub hou Algemene Jaarvergadering
Vanaand (Donderdag 8 September) om 18:00 hou die Sentrale Komitee van die Buiteklub hulle Algemene Jaarvergadering. Al die sportafdelings het klaar geherorganiseer en die oorhoofse liggaam sal nou in plek gestel word. Verskeie gholfkompetisies is die afgelope week by Potchefstroomse Buiteklub gehou *Op Woensdag 30 Augustus het die Klub ‘n IPS-kompetisie aangebied. Die wenners was: …
Vanaand (Donderdag 8 September) om 18:00 hou die Sentrale Komitee van die Buiteklub hulle Algemene Jaarvergadering. Al die sportafdelings het klaar geherorganiseer en die oorhoofse liggaam sal nou in plek gestel word.
Verskeie gholfkompetisies is die afgelope week by Potchefstroomse Buiteklub gehou
*Op Woensdag 30 Augustus het die Klub ‘n IPS-kompetisie aangebied. Die wenners was:
1e – Johnny Avenant met 43 punte
2e – Simon Pretorius met 40 punte
3e – Nick Kalamaras met 40 punte
*Op Vrydag 2 September het Hoërskool Gimnasium hulle fondsinsamelingsdag by die Klub aangebied. Die formaat was ‘n beterbal met ‘n scramble dryf op die kort gate. Die wenners was:
1e – R. van Staden en D. van Rooyen met 49 punte
2e – Hans Weyers en Handry Lazensky met 49 punte
3e – Guillaume Strydom en Johan Coetzee met 47 punte
*Die maandelikse houespel (medal) op Saterdag 3 September is deur die Wimpy Potchefstroom geborg. Die wenners in die verskillende afdelings was:
A-afdeling: Chris Cronje met ‘n netto telling van 68
B-afdeling: André Colangelo met ‘n netto telling van 74
C-afdeling: Wietsche Fourie met ‘n netto telling van 66
*Die Dames-afdeling het ook hul maandelikse houespel (medal), geborg deur Brocor, op 3 September gehou. Die beste gross is gewen deur Elzane van der Wath, met Annamarie du Plessis wat die beste netto gewen het. Rina van Zijl was tweede in die netto-kompetisie.






