NewsNews

Man 21 keer met messe gesteek by sentrum

‘n Man is Vrydagmiddag omstreeks 17:00 in Govan Mbeki-rylaan naby die Riverwalk inkopiesentrum 21 keer met messe gesteek.

‘n Man is Vrydagmiddag(28 Oktober)  omstreeks 17:00 in Govan Mbeki-rylaan naby die Riverwalk inkopiesentrum 21 keer met messe gesteek.
Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, is hulle na die toneel ontbied. Met hul aankoms is verneem dat die slagoffer reeds in ’n kritieke toestand deur ER24 na die Potchefstroom-hospitaal geneem.
“Daar is na die kringtelevisiekamera se beeldmateriaal gekyk om te sien wat presies gebeur het,” het Manyoba gesê. Dit het glo gewys hoe ’n man deur twee verdagtes aangerand en met messe gesteek word.
Die verdagtes is op die toneel op aanklag van poging tot moord in hegtenis geneem. Tertius Oosthuizen(48) en Indrion Govender (42) het Dinsdag in die Potchefstroomlandroshof verskyn waarna die saak uitgestel is na 7 November vir verdere ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button