NewsNews

Boom val om na waarskuwings

ʼn Boom het vanoggend (21 Desember) in Kampstraat omgeval, nadat ʼn inwoner die munisipaliteit sedert Sondag teen die gewaarlike situasie gewaarsku het

ʼn Boom het vanoggend (21 Desember) in Kampstraat omgeval, nadat ʼn inwoner die munisipaliteit sedert Sondag teen die gewaarlike situasie gewaarsku het.

Volgens Allister Spannenberg, inwoner in Kampstraat, het hy die munisipaliteit Sondag ingelig oor ʼn boom wat gaan om val. Hy het dit herhaaldelik rapporteer en selfs gister (20 Desember) foto’s gestuur waar daar duidelik gesien kan word dat die boom enige oomblik kan om val.

Die foto wat Spannenberg aan die munisipaliteit gestuur het. Daar kan duidelik gesien word dat die boom uit die grond uit trek.
Die foto wat Spannenberg aan die munisipaliteit gestuur het. Daar kan duidelik gesien word dat die boom uit die grond uit trek.

Vanoggend het die boom finaal geval, elektriese drade is in die proses beskadig.

“Die boom blok nou die oprit na my huis toe, gelukkig is daar geen skade nie.  Dit kon baie erger gewees het.  Ek is nou by die werk so ek weet nie of hulle al die boom kom verwyder het nie, ” het Spannenberg gesê.

Die Herald het navraag gedoen by die munisipaliteit maar teen publikasie nog geen terugvoer ontvang nie.

ʼn Boom het vanoggend (21 Desember) in Kampstraat omgeval, nadat ʼn inwoner die munisipaliteit sedert Sondag teen die gewaarlike situasie gewaarsku het.   Volgens Allister Spannenberg, inwoner in Kampstraat, het hy die munisipaliteit Sondag ingelig oor ʼn boom wat gaan om val. Hy het dit herhaaldelik rapporteer en selfs gister (20 Desember) foto’s gestuur waar daar duidelik gesien kan word dat die boom enige oomblik kan om val.   Vanoggend het die boom finaal geval, elektriese drade is in die proses beskadig.   “Die boom blok nou die oprit na my huis toe, gelukkig is daar geen skade nie.  Dit kon baie erger gewees het.  Ek is nou by die werk so ek weet nie of hulle al die boom kom verwyder het nie, ” het Spannenberg gesê.   Die Herald het navraag gedoen by die munisipaliteit maar teen publikasie nog geen terugvoer ontvang nie.
.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button