‘n Jong man het sy laaste geld gebruik om Kaapstad toe te gaan. Daar is hy werk belowe en ‘n kans om ‘n lewe te bou.
Ongelukkig het Ockert Pretorius in Kaapstad beland net om te besef die werk wat belowe is, eintlik net ‘n verneukspul was.
Die afgelope week is hy by Kaapstad se busstasie gestrand. Volgens Irma Fourie, ʼn vrou wat vir Pretorius goed ken en hom wil help, het hy glad nie familie wat kan help nie.
“Hy kort net R550 vir ʼn buskaartjie of R450 vir ʼn treinkaartjie selfs ʼn saamry geleentheid. As ek in ʼn posisie was om self te help sou ek,” verduidelik Fourie.
Pretorius is onlangs by die busstasie weg geneem polisiestasie toe omdat hy daar geslaap het.
Enige iemand wat vir Ockert kan help, kan vir Irma kontak by 083 863 0280



