NewsNews

Noordwes-Universiteit (NWU) gee erkenning aan uitmuntende dosente

Goeie werk gaan nooit ongesiens verby nie. Dit is beklemtoon tydens die seremonie van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Institusionele Toekennings vir Onderrig-uitnemendheid (ITOU) wat op 20 April in Potchefstroom plaasgevind het.

Goeie werk gaan nooit ongesiens verby nie. Dit is beklemtoon tydens die seremonie van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Institusionele Toekennings vir Onderrig-uitnemendheid (ITOU) wat op 20 April in Potchefstroom plaasgevind het.
Die jaarlikse gebeurtenis gee erkenning aan die beste dosente van die NWU. Hierdie jaar het die hoogste toekenning aan ’n dosent van die Potchefstroomkampus gegaan. Prof. Alfred Henrico van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe was die wenner in die Toekenning vir Uitsonderlike Onderrig-uitnemendheid- (TUOU-) kategorie.
“Ek voel geëerd en dankbaar teenoor die NWU vir die toekenning. Die NWU se ITOU-stelsel is uitstekend. Dit is nie alleen gerig op die beloning van uitnemende onderrig nie, maar ook op die ontwikkeling van dosente se onderrigvaardighede.” Alfred sê hy is ook dankbaar teenoor elke kollega en student by wie hy kon leer en wie hom in staat gestel het om in sy onderrigtaak te ontwikkel.” Hy sê sonder hulle was hierdie toekenning nie moontlik nie. Hy beskou die toekenning as beloning vir sy harde werk, sy fokus om ‘n positiewe verskil in studente se lewens te maak en by te dra tot hulle ontwikkeling as die toekoms in Suid-Afrika.
Toekennings is in drie kategorieë gemaak, naamlik die Toekenning vir Opkomende Onderrig-uitnemendheid (TOOU), die Toekenning vir Onderriguitnemendheid (TOU) en die Toekenning vir Uitsonderlike Onderrig-uitnemendheid (TUOU).
48 akademici het toekennings ontvang. Die fakulteit aan die NWU wat die meeste wenners opgelewer het, is die Fakulteit Geesteswetenskappe op die Vaaldriehoekkampus, met agt wenners, gevolg deur die Potchefstroomkampus se Fakulteit Lettere en Wysbegeerte en Fakulteit Gesondheidswetenskappe wat gesamentlik in die tweede plek was met ses wenners elk. Die Fakulteit Teologie, ook aan die Potchefstroomkampus, was in die derde plek met vyf toekennings.
Dit is die derde jaar dat die toekennings in hierdie kategorieë gemaak word. Die TOOU-toekennings beloon opkomende dosente vir uitnemende onderrig. Dit gee erkenning aan dosente wat ’n langtermynvisie vir hulle professionele en loopbaanontwikkeling toon deur hulle buitengewone en bewese prestasie tot innovering in onderrig en leer in hulle vakgebied. Hulle gebruik innoverende benaderings om ’n leerproses te fasiliteer wat studente inspireer en uitdaag.
Om in aanmerking te kom vir die toekennings moet deelnemers aan ten minste 80% van die kriteria in die individuele kategorieë voldoen. Hulle moet ’n weldeurdagte portefeulje as bewys van hulle onderrig- en leer-aktiwiteite voorlê. Ten minste twee leergeleenthede word waargeneem, waarvan een onaangekondig is.
Prof. Dan Kgwadi, visekanselier, sê die NWU is baie trots op die gehalte van sy akademici.
“As gevolg van julle kan ons studente verseker dat hulle dosente van hoogstaande gehalte het.”
Die gasspreker by die geleentheid, dr. Diane Parker, adjunkdirekteurgeneraal vir universiteitsonderrig van die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding, het die NWU se akademici geloof vir die uitstekende werk wat hulle doen om leer te bevorder. “U toewyding aan uitnemendheid en innovering en die passie wat u in onderrig en leer toon, sal beslis tot die sukses van u studente bydra, en dit dien as inspirasie vir ons almal,” het sy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button