
Hendry Cordier hou ‘n eenmans-uitstalling van sy pastel en olieverf skilderye by die Boetie Jan Coetzee saal vanaf 10 tot 28 Mei.
Hy is ‘n veelsydige kunstenaar wat seker die oudste in Potchefstroom is, en aktief besig is met kuns sedert 1955. Hy het sy opleiding by F.W. Leuschner vanaf 1955 by die destydse Potch Onderwys Kollege (POK) gekry.
Hy neem sedert 1956 ook gereeld deel aan uitstallings en het reeds baie pryse vir sy kuns gewen.
Sy eerste eenmans-uitstalling is in 1980 gehou en is deur prof. Muller Balot geopen.
Hy het ook opdrag gekry om twee groot houtsneewerke te maak van ontkieming en oliesade vir die Landboukollege wat nou daar gesien kan word.
“My voorliefde in kuns is pastelwerke. Ek geniet die vrolike kleure en die baie moontlikhede om mee te skep,” sê Cordier.
Beeldhouer Barend Grobbelaar gaan hierdie uitstalling waarneem as spreker.
Die uitstalling open op 10 Mei om 19:00 by die Hoofmuseum in Sol Plaatjielaan.



